Wie Is Ons

Met sy ontstaan in 2004, is Koedoeskop Kusmis `n vooraanstaande leweransier van vloeibare kunmis en pasgemaakte mengsels in Koedoeskop, Limpopo. Hier verstaan ons die deurslaggewende rol wat boere in ons gemeenskappe speel en glo ons daarin om `n vertrouensvennoot vir hulle te wees.

Die onlangse oorname van die Afrifert kunsmis aanleg, verbreed ons geografiese voetspoor en produk- en diensaanbieding, wat ons in staat stel om meer as net rou materiale te bied; ons omvattende reeks produkte en dienste sluit in; standaard kunsmis mengsels, gespesialiseerde toepassings met bymiddels wat op spesifieke planbehoeftes gefokus is en kundige spesialiste wat elke boer kan adviseur. By Koedoeskop Kunsmis spesialiseer ons in akkurate kunsmisformulering, landboukundige advies, tegniese ondersteuning en sorgvuldige verpakking wat verseker dat ons boere met vertroue kan floreer in hul besigheid.

Gesels met 'n spesialis